On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

R100 000 vir sleepdood-kapers

───   06:44 Wed, 23 Jul 2014

Johannesburg - Die polisie het Dinsdag die beloning verdubbel wat hulle uitgeloof het vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die vierjarige Taegrin Morris se moordenaars.

“Ons het die beloning van R50 000 na R100 000 vermeerder,” het Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, gesê.

Taegrin is Saterdagaand dood toe hy kilometers ver buite sy ouers se gekaapte motor gesleep is. Hy het in sy veiligheidsgordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Sy ouers is in Reigerpark gekaap en die motor is later in Boksburg opgespoor. Taegrin was reeds dood.

Kweza het gesê die polisie is vol vertroue dat iemand binnekort in hegtenis geneem sal word. Sy versoek die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie. Sy wou nie kommentaar lewer oor berigte dat een van die vermeende kapers in 'n uitkenningsparade geïdentifiseer is nie. Sy het Dinsdag berigte ontken dat 'n man, wat aan die kaping verbind word, homself aan die polisie oorhandig het. Sy sê 'n man is ondervra, maar is nie in hegtenis geneem nie.

Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.