On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Plaasaanval: Boer te swak om geopereer te word

───   17:56 Wed, 23 Jul 2014

Dirk Kok
 
Klerksdorp - Die 81-jarige Vierfontein-boer Buks Swanepoel, wat Maandagmiddag deur plaasaanvallers aangerand is, se toestand is so kritiek dat hy nie nou al weens massiewe skedelbreuk geopereer kan word nie.
 
Sy seun Casper, boer van die plaas Sterkfontein waar die aanval gebeur het, sê sy pa sou vanmiddag in die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp geopereer word.
 
Spesialiste het as gevolg van sy swak toestand egter besluit om die operasie met nog minstens 72 uur uit te stel. Hy is in isolasie in die intensiewesorgeenheid.
 
Die beseerde Buks se 80-jarige vrou, Baby, wat kopbeserings en harsingskudding in die aanval opgedoen het, sterk in dieselfde kliniek aan.
 
Een van die Swanepoel-egpaar se vermeende aanvallers, die 23-jarige Tankiso Beleme van Lesotho, het vanoggend vlugtig in die landdroshof op Viljoenskroon verskyn.
 
Sy verhoor is tot volgende week uitgestel.
 
Die polisie se Thabo Litabe sê die soektog na nog ’n verdagte duur voort.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.