On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Africa News

Mosambiek: Frelimo wen nasionale verkiesing net-net

───   08:55 Fri, 31 Oct 2014

Mosambiek: Frelimo wen nasionale verkiesing net-net | News Article

Maputo - Mosambiek se regerende party, Frelimo het die nasionale verkiesing, wat die 15de Oktober gehou is, gewen, hoewel met 'n verminderde meerderheid.

Frelimo-kandidaat, Filipe Nyusi, het die presidensiële verkiesing met 57.3 persent van die stemme gewen. Sy voorganger, Armando Guebuza, het in 2009 75 persent van die stemme gehad.
 
Afonso Dhlakama, die Renamo-kandidaat het 36.6 persent van die stemme op hom verenig. Renamo kon in 2009 slegs sowat 16.5 persent stemme inpalm.
 
Die Demokratiese Beweging van Mosambiek het die swakste gevaar met slegs 6.4 persent van die stemme. Frelimo het 144 setels in die parlement gewen - 47 minder as tydens die vorige verkiesing.
 
Renamo sê egter daar was verskeie ongerymdhede tydens die verkiesing en daarom het hulle 'n amptelike klag by die verkiesingskommissie gelê.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.