On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Gewildste Agatha Christie-riller aangewys

───   08:10 Wed, 02 Sep 2015

Gewildste Agatha Christie-riller aangewys | News Article

Londen - 'n Meningspeiling onder Agatha Christie-aanhangers wêreldwyd het getoon dat haar moordverhaal, "And Then There Were None", die gewildste onder lesers is.

Die riller, wat in 1939 geskryf is, het 21% van aanhangers se stemme verwerf, met "Murder on the Orient Express" in die tweede plek, en "The Murder of Roger Ackroyd", derde.

Lesers van Christie se boeke is gevra om aan die meningspeiling deel te neem om die 125ste herdenking van Christie se geboorte op 15 September te vier.

Die boek, And Then There Were None, handel oor 10 vreemdelinge wat op 'n eiland gestrand is en wat almal daarvan verdink word dat hulle met moord weggekom het. Namate die tien een vir een op geheimsinnige wyse sterf, besef die oorlewendes dat hulle die moordenaar in hul midde het.

Meer as 100 miljoen kopieë van die boek, wat Christie se bekende speurders Hercule Poirot en Miss Marple insluit, is reeds wêreldwyd verkoop en word as een van die gewildste stories van alle tye beskou.

BBC

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.