On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

Tweede vermeende Vierfonteinplaasaanvaller in die hof

───   15:11 Mon, 28 Jul 2014

Tweede vermeende Vierfonteinplaasaanvaller in die hof | News Article
Dirk Kok
Viljoenskroon - Die bejaarde Buks en Baby Swanepoel, wat ’n week gelede op hul plaas by Vierfontein aangeval is, se tweede vermeende aanvaller, die 30-jarige Thuli Thabatha van Orkney, het vanoggend vlugtig in die hof op Viljoenskroon verskyn.
 
Hy het nie om borgtog aansoek gedoen nie. Landdros Attie Barnard het gelas dat hy weer Donderdag saam met die ander vermeende aanvaller van die Swanepoel-egpaar, die 23-jarige Tankiso Beleme van Lesotho, in die hof sal verskyn.
 
Die jong Beleme is verlede Maandag, kort ná die aanval op die 81-jarige Buks en 80-jarige Baby, deur die polisie en boere vasgetrek. Thabatha is drie dae later deur die polisie in Kanana, Orkney, in hegtenis geneem.
 
Albei moet teregstaan op twee aanklagte van poging tot moord en ’n aanklag van gewapende roof. Die jonger Beleme is ook van die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla.
 
Die Swanepoel-egpaar, wat albei kopbeserings opgedoen het, sterk in die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp aan.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.