On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Waarskuwing aan VS-boere: moenie te gou brand nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:52 Mon, 01 Sep 2014

Waarskuwing aan VS-boere: moenie te gou brand nie | News Article

Bethlehem - Sowat 200 000 ha veld is al sedert die begin van die brandseisoen in Augustus vanjaar deur wegholbrande oor die Vrystaat heen verwoes.

Die adjunk-direkteur van die Vrystaatse departement van landbou, bosbou en visserye, Malcolm Procter, sê die meeste brandskade was tot dusver in die Oos-Vrystaat naby dorpe soos Bethlehem, Harrismith en Warden.
 
Volgens hom het sowat 180 000 ha veld die afgelope naweek in die gebiede gebrand.
 
Procter waarsku boere om nie hul veld oorhaastig vir weidingsdoeleindes aan die brand te steek nie, omdat daar na verwagting nog koue fronte op pad is.
 
Hy sê die brandgevaar met koue fronte is groter weens sterker wind.

Procter sê meer as 345 000 ha veld is verlede jaar deur brande oor die provinsie heen verwoes.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Malcolm Procter:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.