On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Bankbestuurder-wildboer in veldbrand beseer

───   13:51 Mon, 08 Sep 2014

Bankbestuurder-wildboer in veldbrand beseer | News Article

Welkom - ’n Goudveldse bankbestuurder en wildboer, Janse de Wet, word in die Mediclinic Welkom vir brandwonde behandel nadat hy gistermiddag in ’n veldbrand naby Welkom deur die vlamme vasgekeer is.

Yolandé de Wet sê haar man, Absa se bestuurder op Virginia, is op ’n trekker deur die vlamme oorval terwyl hy medeboere teen ’n veldbrand help veg het.
 
Sy vrou sê hy het eerste- en tweedegraadse brandwonde aan sy gesig, arms en hande en verduur baie pyn.
 
De Wet is die tweede Vrystater wat in enkele dae in ’n veldbrand beseer is. ’n Boervrou van Frankfort, Sonja Theron, word steeds in die Dihlabeng-hospitaal op Bethlehem behandel en moes vandag ’n tweede veloorplanting ondergaan nadat sy op 28 Augustus in ’n veldbrand vasgekeer is en brandwonde oor groot dele van haar lyf opgedoen het.
 
Haar man, Pieter, sê sy verduur ook steeds baie pyn en kan nog nie staan of loop nie.
 
Die sambreelliggaam vir Vrystaatse brandverenigings se Thinus Steenkamp sê boere het die naweek teen agt veldbrande oor die provinsie heen geveg.
 
Die verwoestende veldbrand wat die laaste paar dae by Clarens en in Golden Gate gewoed het, is gisteraand onder beheer gebring.
 
Skadeberamings word nog gedoen.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.