On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Gure weer kniehalter Pukke se sonkar

───   DANE BEISHEIM 06:48 Wed, 01 Oct 2014

Gure weer kniehalter Pukke se sonkar | News Article

Graaff-Reinet - Die Noordwes-Universiteit se deelnemers aan die Sasol Solar Challenge het gister hul derde plek behou.

Nege spanne van regoor die wêreld neem deel aan die wedren, wat vier dae gelede in Pretoria begin het en Saterdag in Kaapstad eindig.
 
Die Sirius X25 sonaangedrewe kar, wat deur die Puk-studente gebou is, het gister net meer as 300km afgelê. Steil opdraandes en bewolkte weer het hul ietwat gekniehalter, maar volgens spanleier Albert Helberg is hul geesdrif nie gedemp nie.
 
Hy sê die tweede posisie wink reeds.
 
Die span vertrek vanoggend uit Graaff-Reinet na Port-Elizabeth.
 
Nederland se Delft-Universiteit se Nuon Solar Span is steeds die voorlopers.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.