On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Hertzogville-diamantdelwer weer volgende week in hof vir moord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:43 Tue, 31 Mar 2015

Hertzogville-diamantdelwer weer volgende week in hof vir moord | News Article

Kimberley - Die Hertzogville-diamantdelwer en moordaangeklaagde, Johan Sonnenberg, wat verlede week in die plaaslike landdroshof se aanhoudingselle in mekaar gesak het voor sy borgtogaansoek, is volgende week weer in die hof.

Sonnenberg se prokureur, Hannes Rust, sê sy kliënt wat in die Kimberley-hospitaal behandel is se gesondheid het hom toegelaat om vandag vlugtig te verskyn.
Volgens hom sal Sonnenberg, wat teregstaan op aanklagte van moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie asook drie aanklagte van regsverydeling, in die Kimberley-gevangenis aangehou word tot hy op 7 April om borgtog kan aansoek doen.
 
Sonnenberg se vrou Elena is verlede week op R5 000 borgtog uitgelaat nadat sy op dieselfde dag waarop haar man siek geword en sy bewussyn verloor het, in hegtenis geneem is. Rust sê Elena, wat teregstaan op ‘n aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie omdat sy in dieselfde huis bly waarin ‘n AK47 en ammunisie gevind is, verskyn ook Dinsdag in die hof.
 
Sonnenberg is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem nadat die lyke van drie mans op sy plaas, die Diamant-wildplaas, gevind is.
 
Die polisie vermoed die lyke behoort aan Michael Grant en sy broer Jerome en Riaan Ruiters van Christiana in Noordwes wat in Februarie vermis geraak is. Hulle is glo laas saam met Sonnenberg gesien.
 
Rust sê dit is nog onduidelik of Sonnenberg verlede Donderdag ‘n beroerte gehad het.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.