On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Zeerust-gastehuismoord: Slagoffer se naam bekend gemaak

───   DANE BEISHEIM 17:45 Mon, 03 Aug 2015

Zeerust-gastehuismoord: Slagoffer se naam bekend gemaak | News Article

Zeerust - Die jong vrou wat die naweek dood aangetref is met verskeie meswonde by ’n gastehuis in Zeerust in Noordwes, is geïdentifiseer as die 21-jarige Pelonomi Morepedi.

Dit is volgens polisiewoordvoerder Pelonomi Makau en volg na Morepedi, wat in die Dinokana Township buite Zeerust woon, se familie vandag van haar dood in kennis gestel is.
 
Morepedi is in die gastehuis se bad aangetref deur die bestuurder, wat agterdogtig geraak het toe hy besef dat die paartjie wat die kamer bespreek het, nooit Saterdag uitgeteken het nie.
 
Makau sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Dane Beisheim/OFM-nuus



Podcasts

Pelonomi Makau:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.