On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Omstrede plaaswerkerliedjie ‘Larney Jou P*@$’: Wat sê jy?

───   14:25 Wed, 15 Oct 2014

Omstrede plaaswerkerliedjie ‘Larney Jou P*@$’: Wat sê jy? | News Article

Bloemfontein - AfriForum se Ernst Roets sê die Kaapse rapper Isaac Mutant en sy groep Dookoom se omstrede plaaswerkerliedjie en –musiekvideo kan geensins op grond van vryheid van spraak verdedig kan word nie.

Vryheid van spraak en artistieke vryheid is hoekstene van die demokrasie, maar daar is ook beperkings hierop.
 
AfriForum staan daarby dat hierdie liedjie erg rassisties en beledigend teenoor wit mense is en teen boere wat reeds deurloop onder plaasaanvalle en uiters kwesbaar is.
 
Daarmee saam word betreding en die afbrand van plase uitgebeeld. Daarom het AfriForum die Menseregtekommissie gevra om dié liedjie en video tot haatspraak te verklaar.
 
 

In die hewige debat oor dié liedjie sê die politieke kommentator Max du Preez Dookoom oorskry grense en dit is debatteerbaar of dit aanvaarbaar is of nie.
 
AfriForum behoort egter nie teen die lied beswaar te maak nie, omdat dié organisasie verdraagsaam is teen wit regses se rassisme en onaanvaarbare optrede, sê Du Preez.
 
Mutant en sy groep sê op hul beurt hulle wil nie geweld aanvuur nie, maar die fokus laat val op die lot van plaaswerkers.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 
WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal.
 
Haatspraak of 'n saak waaaroor 'n nasionale debat nodig is? Los jou kommentaar hieronder.

 
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.