On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Geweld neem 'onrusbarend toe in skole'

───   THANDI XABA 18:12 Mon, 20 Apr 2015

Geweld neem 'onrusbarend toe in skole' | News Article

Bloemfontein - Die voorkoms van geweld in skole is onrusbarend aan die toeneem en onderwysers word al hoe meer die teiken.

Die onderwys-vakbond Sadou het bekend gemaak dat die meeste voorvalle in Noordwes, Gauteng en die Wes-Kaap aangemeld word. Die Vrystaat is slegs 'n kortkop agter.
 
Sadou se Vrystaatse sekretaris, Mokholoane Moloi, sê hulle pogings om sekuriteit by skole op te skerp het nuwe momentum gekry nadat 'n leerder verlede maand by 'n hoërskool in Botshabelo doodgesteek is. Hy sê sigbare polisiëring is broodnodig.

Moloi sê Sadou hou tans oor die land heen seminare vir skoolhoofde met die doel om leiding te verskaf in die hantering van gewelddadige leerders.
 
Hulle hoop om 1 200 hoofde te bereik.
Thandi Xaba/OFM-nuus



Podcasts

Mokholoane Moloi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.