On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

'Grondplafonne sal SA seermaak'

───   11:29 Tue, 09 Sep 2014

'Grondplafonne sal SA seermaak' | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou se president, Dan Kriek, sê grondplafonne of beperkings op die hoeveelheid grond wat boere mag besit, soos wat grondsakeminister Gugile Nkwinti nou weer voorstel, is reeds in die groenskrifproses in diepte bespreek en as ’n onwerkbare plan van die tafel af gevee.

Die landbou-ekonoom Andrew Makanete en die rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, Herman van Schalkwyk, het ’n studie gedoen oor grondplafonne in ander lande en bevind dat grondbeperkings Suid-Afrika en sy landbousektor erg sal benadeel.
 
Vir elke R1 miljoen se afname in produksie kan bykans 30 werksgeleenthede verloor word. ’n Beperking op boerdery-uitbreidings en verdere druk op landbouwinsgewendheid sal tot die bankkrotskap van boere lei. Buitelandse beleggings sal verder afneem en voedselsekerheid sal in die gedrang kom.
 
Kriek sê ander oplossings vir grondhervorming, wat ekonomies sin maak, moet gesoek word.
 
AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, sê grondbeperkings sal groot landboumaatskappye uit die land uit dryf en produktiewe boere sal minder kos vir die land kan produseer.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.