On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

VL pak waardasieprobleme

───   11:16 Fri, 03 Oct 2014

VL pak waardasieprobleme | News Article

Vrystaat Landbou het ’n noodvergadering met die provinsie se departement van samewerkende regering gehou as gevolg van voortslepende probleme met munisipale grondwaardasies en buitensporige waardasieverhogings, selfs so hoog as 147%.

VL sê hy sal op aanbeveling van die regeringsdepartement die appèlrade nader oor munisipaliteite wat nie reageer op klagtes en besware nie.
 
'n Regsmening word ook ingewin oor hoeveel grondbelasting boere moet betaal terwyl munsipaliteite nie dispute hanteer nie.
 
Verder is besluit dat die provinsiale departement, munisipaliteite en VL maandeliks moet vergader.
 
'n Eerste vergadering sal gehou word met munisipaliteite waar probleme is, om oplossings te probeer kry.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.