Local News
Inwoners en polisie krap kop oor brande in Heilbron─── 10:21 Mon, 27 Apr 2015
Heilbron - Die polisie en inwoners van Heilbron in die Vrystaat krap kop oor die rede vir die verskeie voorvalle van brandstigting wat oor die laaste ruk in die dorp voorkom.
Dit volg nadat die Stadsaal gister in die vroeë oggendure deur 'n brand verwoes is.
Masilela Langa, polisiewoordvoerder, sê die saal en al sy inhoud is heeltemal vernietig. Hy sê 'n motor is voor 'n hotel vroeër die aand ook aan die brand gesteek.
Cathy Dlodlo/OFM-nuus
Alwyn Swart: