On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Chaos toe buitelanders polisie in Kimberley aanval, voertuie beskadig

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:01 Fri, 19 Apr 2024

Chaos toe buitelanders polisie in Kimberley aanval, voertuie beskadig  | News Article
Photo: OFM Nuus

“Die verdagtes het die vensters in die polisiekantoor gebreek. Aanklagte van opsetlike saakbeskadiging is bygevoeg.”

Die polisie in die Noord-Kaap het agt buitelanders in hegtenis geneem nadat hulle die polisiebeamptes aangeval en hul voertuie beskadig het.

Hulle is Donderdagaand (18/4) deur ’n groep Nigeriërs in Kimberley aangeval toe hulle inligting opgevolg het oor ’n Nigeriër wat in besit van dwelms was, sê Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder.

Die polisie het rubberkoeëls afgevuur om die skare uiteen te jaag. “’n Verdagte is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van dwelms en drie verdagtes vir openbare geweld. Hulle is by die Kimberley-polisiekantoor aangehou.

“Die verdagtes het die vensters in die polisiekantoor gebreek. Aanklagte van opsetlike saakbeskadiging is bygevoeg,” sê Ehlers.

Nog ’n groep Nigeriërs het later na die polisiekantoor gekom en gedreig om wraak te neem. Die operasionele bevelvoerder het die groep gewaarsku om uiteen te gaan.

Terwyl hulle die kantoor verlaat het, het die groep egter polisievoertuie beskadig. Nog vier verdagtes is in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging. Hulle sal binnekort in die landdroshof verskyn. 

‘Sowat 500 000 Nigeriërs is onwettig in Suid-Afrika’

Amptelike syfers is nie bekend nie, maar na raming bevind sowat 500 000 Nigeriërs hulle onwettig in Suid-Afrika. Van hulle is sowat 6 000 studente en minder as 3 000 beroepslui soos dokters en sakelui.

Human Rights Watch sê Suid-Afrika se sosiaal-ekonomiese hulpbronne word tot die uiterste beproef deur die teenwoordigheid van tussen 2,5 miljoen en 5 miljoen onwettige buitelanders, terwyl die land reeds sukkel om basiese dienste aan sy eie burgers te lewer.

OFM Nuus/ Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.