On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek se Mrs Global Universe Africa gereed om in Ooste te skitter

───   HEIDRÈ MALGAS 14:26 Tue, 23 Apr 2024

Vaaldriehoek se Mrs Global Universe Africa gereed om in Ooste te skitter | News Article
Die Vaaldriehoek spog met sy eie Mrs Global Universe Africa. Foto: Facebook

“Marais sê haar voorbereiding vir Mrs Africa was soos enige ander ervaring in ’n mens se lewe, met sy soet en sy suur.”

Die Vaaldriehoek spog met sy eie Mrs Global Universe Africa, wat in Maart in Pretoria gekroon is. Sy sal Afrika verteenwoordig by die Global Universe-skoonheidswedstryd, wat van 12 tot 19 Mei in Singapoer en Maleisië plaasvind.

Die klem van die geleentheid val op die gemeenskapswerk wat deelnemers doen. Elke deelnemer moes ’n volledige portefeulje en ’n video saamstel.

Sy dink nie daar is woorde om daardie groot oomblik te beskryf nie, vertel Carla Marais. Dit was “absoluut die wonderlikste oomblik” van haar lewe. “Dit voel so onwerklik, maar dit is ’n baie groot eer, en ek dra die titel met absolute trots.”

Daar is woorde om daardie groot oomblik te beskryf nie, vertel Carla Marais. Foto verskaf

Marais sê haar voorbereiding vir Mrs Africa was soos enige ander ervaring in ’n mens se lewe, met sy soet en sy suur. Sy het baie gesukkel met tydsbestuur en kon nie altyd haar eie doelwitte tydens haar voorbereidingsproses bereik nie, maar sy het met deursettingsvermoë voortgegaan en van elke probleem ’n geleentheid gemaak.

“Dit is die wonderlikste gevoel ter wêreld om te weet dat harde werk beloon word en dat goeie dade raakgesien word. Dit is ’n baie groot eer,” sê Marais.

Sy sê haar verwagtinge vir die Global Universe-geleentheid is nie hoog nie; sy gaan met hart en geloof Afrika verteenwoordig en haar beste doen. Sy glo dat God haar sal lei.

Marais werk ook aan ander projekte. Sy samel boeke in vir ’n minderbevoorregte skool, sowel as vir ’n tehuis vir bejaardes, om hulle te help om die tyd om te kry. Foto verskaf

“My doelwitte is om genoeg geld in te samel om dit moontlik te maak om Afrika te verteenwoordig. Wat ook al verder gebeur, is in die Here se hande,” sê Marais.

Sy samel op die oomblik geld in vir haar nasionale kostuum, wat Afrika moet voorstel.

“Ek wil graag my platform uitbrei deur kennis te maak met ander lande se deelnemers in die hoop om hande te vat en saam ’n groter impak op die wêreld te maak,” vertel sy verder.

Sy sê haar gesin ondersteun haar ten volle; hulle staan haar by en bied ondersteuning met alles – meer kan sy nie vra nie.

Marais werk ook aan ander projekte. Sy samel boeke in vir ’n minderbevoorregte skool, asook vir ’n tehuis vir bejaardes, om hulle te help om die tyd om te kry.

Carla Marais sal Afrika verteenwoordig in die Global Universe-skoonheidswedstryd, wat van 12 tot 19 Mei in Singapoer en Maleisië plaasvind. Foto verskaf

“Ek is betrokke by ’n kinderveiligheidshuis waar ek uithelp en ek beplan om ’n selfverdedigingsklas vir dames aan te bied. Ek samel komberse, klere en niebederfbare kos in vir die skuiling en dierbeskermingseenheid.

“Ek voorsien weekliks kos aan die straatmense in my gemeenskap en ek is besig om ’n fondsinsameling te reël vir wanneer ek terugkom, waarheen ek julle graag wil uitnooi.”

Haar raad aan enigiemand wat aan skoonheidskompetisies wil deelneem, is: “Doen dit! Gee daardie tree, want dit is die tree na jou drome. Volg die pad en wees altyd net jouself. Doen alles wat jy doen met oorgawe, leef jou passie uit en vertrou altyd op die Here; Hy sal jou lei.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.