On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Elections 2016 Decision Time

Partye het tot 20 Augustus tyd om koalisies te vorm

───   10:27 Tue, 09 Aug 2016

Partye het tot 20 Augustus tyd om koalisies te vorm  | News Article

Johannesburg - Politieke partye het tot 20 Augustus tyd om koalisies te vorm om munisipaliteite en metrogebiede te bestuur waar geen party 'n volstrekte meerderheid stemme gekry het nie.


Die SAUK berig samesprekings tussen die ANC en die EFF sal na verwagting vandag voortgaan. 

Die ANC se leierskap het volgens berigte in die geheim met die EFF begin vergader in 'n poging om 'n koalisie-ooreenkoms te bereik. 

Die ANC kon nie 'n meerderheid stemme in die Nelson Mandela-baai en Tshwane Metro's behaal nie, en ook nie 'n volstrekte meerderheid in die Johannesburg en Ekurhuleni Metro's nie. 

Die EFF het genoeg steun om te kan bepaal watter party aan bewind kom in van die metro's, maar gaan na verwagting eis dat President Jacob Zuma bedank as 'n voorwaarde vir 'n koalisie-ooreenkoms.


SAUK


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.