On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Elections 2016 Decision Time

DA en EFF gaan blykbaar ’n historiese koalisieooreenkoms sluit

───   09:12 Sun, 14 Aug 2016

DA en EFF gaan blykbaar ’n historiese koalisieooreenkoms sluit | News Article

Johannesburg - Die DA en die EFF staan luidens berigte op die drumpel om ’n historiese koalisieooreenkoms te sluit wat beloof om die munisipale regeringstoneel in Suid-Afrika dramaties te verander.


Rapport berig die pakt, wat na verwagting vandag of môre gefinaliseer sal word, sal beteken dat vyf van die grootste stede in Suid-Afrika, insluitende die hoofstad, nie meer onder ANC-beheer sal wees nie. 

Johannesburg, Pretoria, Mogale City (Krugersdorp) en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) sal deur ’n DA-EFF-koalisie regeer word, terwyl die vyfde, Kaapstad, reeds sedert 2011 uitsluitlik deur die DA regeer word.

In Rustenburg gaan die DA-EFF-koalisie waarskynlik die ANC toelaat om ’n minderheidsregering te vorm omdat geen enkele party of koalisie daar 50% + 1% van die setels kon wen nie.


Rapport


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.