On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

GW-stad-moordverhoor: Bloedspatseldeskundige verskil van beskuldigde

───   LANI FOUCHÉ 17:01 Wed, 13 Nov 2013

GW-stad-moordverhoor: Bloedspatseldeskundige verskil van beskuldigde | News Article
Lani Fouché
 
Kimberley - Die bloedspatseldeskundige wat vandag in die Griekwastad-moordverhoor getuig het, sê hy stem nie saam met dele van die beskuldigde se weergawe van die gebeure kort voor die Steenkamp-gesin oorlede is nie.
 
Marius Joubert het vandag die hele dag getuig in die verhoor van die 17-jarige wat verdink word van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek verlede jaar.
 
Joubert is kort na die moorde na die misdaadtoneel ontbied waar hy veral bloedspatsels ontleed het. Hy het getuig dat, volgens hom, dit nie moontlik kon wees dat die beskuldigde se hemp deur Marthella geskeur is, soos wat die seun beweer nie, omdat die bloedmerke op die vloer om haar anders sou lyk.
 
Daar is verskeie impakbloedspatsels op die seun se donkerblou t-hemp gevind wat hy na bewering daardie dag aangehad het, wat daarop dui dat impakbeserings plaasgevind het terwyl die hempdraer na die slagoffers gekyk het.
 
Joubert sê dit kom ook voor asof Marthella swaar gewond in die huis rondbeweeg het, daar waar haar liggaam gevind is het sy slegs gelê.
 
Sy het wel vroeër buitekant gelê en bloei voor sy die huis binne is.
 
Die verdediging sal na verwagting môre vir Joubert kruisondervra.


 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.