On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

GW-stad-moordverhoor: Tot Woensdag uitgestel vir betoë

───   LANI FOUCHÉ 14:58 Wed, 20 Nov 2013

GW-stad-moordverhoor: Tot Woensdag uitgestel vir betoë | News Article
Lani Fouché
 
Kimberley - Die opspraakwekkende Griekwastad-moordverhoor is uitgestel tot volgende Woensdag vir betoë.
 
Die staat het sy twee-en-‘n-half dae lange kruisondervraging van die driedubbele moordbeskuldigde vroeër vandag afgesluit.
 
Staatsadvokaat Hannes Cloete het dit aan die 17-jarige seun duidelik gemaak dat dit die staat se saak is dat hy vir Marthella verkrag het, vir haar, haar pa Deon en ma Christel vermoor het en die polisie om die bos gelei het. Hy ontken alles.

Cloete het aan die seun gesê hy was tydens sy kruisondervraging billik genoeg om oor elke vreemde aspek vir hom kans te gee om ‘n sinvolle verduideliking te bied.
 
Tog was nie een van sy antwoorde bevredigend nie.
 
Cloete wou weet waarom hy aan familielede kort na die moorde gesê het Deon is in die agterkop geskiet, terwyl daar geen manier was dat hy dit kon weet nie. Die seun sê hy kan nie onthou dat hy dit gesê het nie, maar verstaan nou waarom dit vreemd lyk.
 
Die seun was verbaas om te hoor dat sy eie bloed aan sy broek was.
 
"Ek kan nie onthou dat ek seerplekke aan my bene gehad het nie." Die staat sê dit moes daar kom tydens sy worsteling met Marthella toe hy waarskynlik uit sy neus gebloei het.


 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.