On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Local News

GW-stad-moordverhoor: Betoë vlg week aangehoor

───   LANI FOUCHÉ 16:53 Wed, 20 Nov 2013

GW-stad-moordverhoor: Betoë vlg week aangehoor | News Article
Lani Fouché
 
Kimberley - Die weke-lange ondervraging van ‘n lang lys getuies in die opspraakwekkende Griekwastad moordverhoor het amptelik vanmiddag tot ‘n einde gekom.
 
Die laaste persoon in die getuiebank was die 17-jarige seun wat verdink word van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek verlede jaar.
 
OFM se Lani Fouché berig uit Kimberley dat betoë volgende Woensdag aangehoor sal word.

Die minderjarige beskuldigde was vir twee en ‘n half dae in die getuiebank waarvan die staatsadvokaat Hannes Cloete hom vir die grootste gedeelte gekruisondervra.
 
Cloete het teen die einde van sy ondervraging die redes gelys waarom hy oortuig is daarvan dat die seun se weergawe van die gebeure tydens die moorde onwaar is, en waarom hy vir Marthella verkrag het, die gesin vermoor het en die polisie om die bos gelei het.
 
Die verdediging het in sy herondervraging slegs een aspek aangeraak. Dit was oor die veiligheidsbewustheid van die Steenkamps.
 
Die staat en die verdediging sal aanstaande week hul betooghoofde indien.


 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.