On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Alle oë môre op hooggeregshof in Kby

───   LANI FOUCHÉ 16:44 Tue, 26 Nov 2013

Alle oë môre op hooggeregshof in Kby | News Article
Lani Fouché
 
Bloemfontein - Alle oë sal môre weer op die Noord-Kaapse hooggeregshof wees waar betoë in die opspraakwekkende Griekwastad driedubbele moordverhoor aangehoor word.
 
Die verdediging het amptelik verlede week sy saak gesluit nadat die enigste getuie, die 17-jarige beskuldigde, vir twee dae onder kruisverhoor geneem is.
 
Die eerste twee weke is 'n lang lys staatsgetuies ondervra, insluitend forensiese deskundiges. Die staatsadvokaat Hannes Cloete het gesê hy gaan voor regter Frans Kgomo betoog dat die seun eers vir Marthella Steenkamp verkrag het, en daarna vir haar, haar pa Deon en ma Christel vermoor het om dié misdryf te verdoesel.
 
Hy het ook vir die polisie daaroor gejok. Die seun hou vol dat dit nie hy was nie.
 
'n Niggie van Deon, Isabel Fourie, het aan OFM-nuus gesê sy en haar man ondersteun Deon se ma, Bettie Steenkamp, in die hof, veral na haar man, Don Steenkamp Senior, se afsterwe.

Volg die verhoor op Twitter - @OFM9497
 

Podcasts

Isabel Fourie praat oor die Griekwastadverhoor:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.