On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-moordverhoor uitgestel

───   LANI FOUCHÉ 10:32 Wed, 27 Nov 2013

Griekwastad-moordverhoor uitgestel | News Article
Lani Fouché
Kimberley - Die Griekwastad-moordverhoor is vandag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof uitgestel tot 9 Desember.
 
Die staatsadvokaat Hannes Cloete het regterpresident Frans Kgomo versoek om die uitstel toe te staan, nadat die staat en die verdediging se advokate 'n ooreenkoms buite die hof bereik het.
 
Kgomo het gesê hy hoef nie redes vir die uitstel te hê nie omdat hy die regspanne vertrou.
 
'n 17-jarige seun word verdink van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek verlede jaar.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.