On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-moordverhoor: Seun kry nuwe regsspan

───   LANI FOUCHÉ 08:52 Wed, 11 Dec 2013

Griekwastad-moordverhoor: Seun kry nuwe regsspan | News Article
Lani Fouché
Kimberley - Die minderjarige seun wat verdink word van die Griekwastad-driedubbelle moord, het 'n nuwe regsverteenwoordiger aangestel.
 
Die 17-jarige se prokureur, Stoffel de Jager, het bevestig dat hy en sy twee advokate, Sharon Erasmus en Willem Coetzee, se mandaat beëindig is.
 
Hulle sal môre vir oulaas saam met die beskuldigde in die hooggeregshof in Kimberley verskyn om die saak aan die nuwe regspan te oorhandig.
 
De Jager sê Riaan Bode van Engelsman Magabane Prokureurs sal die seun voortaan verteenwoordig.
 
Dit is onbekend of dié nuwe verwikkeling môre se beplande uitspraak sal affekteer.
 
Die seun word verhoor weens die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas Naauwhoek in April verlede jaar.
 
Hy's ook aangekla van verkragting en regsverydeling. Die staat en die verdediging het Maandag hul slotbetoë voor regter Frans Kgomo gelei.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.