On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

GWStad: Cloete vind geen fout met polisie-ondersoek

───   SABRINA DEAN 15:08 Tue, 25 Mar 2014

GWStad: Cloete vind geen fout met polisie-ondersoek | News Article
Sabrina Dean
 
Kimberley - Die staat se Hannes Cloete is tans besig om sy slotbetoë in die Kimberleyse hooggeregshof te lewer in die opspraakwekkende Griekwastad-moordverhoor.
 
'n Minderjarige seun staan tereg vir die moord op Deon, Christel en Marthella Steenkamp op hul plaas, Naauwhoek, twee jaar gelede.
 
Cloete het gesê hy vind dit moeilik om fout met die polisie se ondersoek te vind.
 
Die saak is uiters goed geboekstaaf.
 
Cloete het verwys na die plaaswerkers wat nie ver van die moordtoneel af woon nie.
 
Hy wou weet waarom hulle nie weggehardloop het toe die vangwa daar verby gekom het nie.
 
Regterpresident Frans Kgomo het gesê dat toe hy op 12 Desember ingestem het om die verhoor uit te stel, hy gedink het dat nuwe inligting na vore sou kom.
 
Daar het egter nie.
 
Vroeër vandag het die verdediging se Riaan Bode gesê dat die beskuldigde se reg op 'n regverdige verhoor deur verskeie faktore negatief beïnvloed is.
 
Onder meer kon daar nie rekenskap gegee word van die vreemde DNS wat op die moordwapens gevind is nie.
 
Gesprekke met die ondersoekbeampte, voordat die seun as 'n verdagte geïdentifiseer is, was ook volgens Bode, buite orde.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.