On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

GWStad-moordverhoor: Sommige familielede glo steeds in sy onskuld

───   SABRINA DEAN 13:50 Tue, 13 May 2014

GWStad-moordverhoor: Sommige familielede glo steeds in sy onskuld | News Article
Sabrina Dean
 
Kimberley - Die Staat het kort voor middagete sy vierde getuie in die voorvonnisverhoor van die minderjarige seun in die Griekwastad-moordverhoor in die hooggeregshof in Kimberley geroep.
 
Maatskaplike werker, Tenjiswa Adonisi van De Aar, het vertel van onderhoude met wyle Christel Steenkamp se suster, Marietha Massyn.
 
Die hof het gehoor dat Massyn, sowel as haar pa en ma, steeds glo in die kind se onskuld en hom steeds ondersteun. Hulle glo ook die ware oortreder sal nog gevang word.
 
Prokureur vir die verdediging, Riaan Bode, sal na verwagting na middagete met Adonisi se kruisondervraging begin.
 
Die sewentienjarige seun is op 27 Maart skuldig bevind op drie moordaanklagte, een van verkragting en een van regsverydeling. Hy was vyftien jaar oud ten tyde van die misdade.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.