On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde egpaar op plaas in Vrystaat aangeval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:26 Mon, 20 Jun 2016

Bejaarde egpaar op plaas in Vrystaat aangeval | News Article

Verkykerskop - Die polisie soek steeds na twee mans wat die naweek ‘n bejaarde egpaar op hul plaas by Verkykerskop aangeval en beroof het.


Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Mmako Mophiring, sê aanvallers het Vrydagnag toegang tot Bertus van Wyk en sy vrou, Trudie, se plaashuis verkry deur ‘n ruit in ‘n ander kamer in die huis te breek.

Mophiring sê die egpaar is in hul slaapkamer geslaan, waarna die booswigte met verskeie gesteelde goed op die vlug geslaan het.

Bankkaarte en die egpaar se selfone is gebuit. Die rowers het ook met ‘n dubbelkajuit-bakkie gevlug. Mophiring het nie gesê waarmee die egpaar geslaan is nie en of hulle gewapen was nie.

Netcare 911 het Saterdagoggend omstreeks 02:30 die beseerde egpaar op hul plaas behandel, voordat hulle na ‘n hospitaal op Newcastle in KwaZulu-Natal vervoer is.

Mophiring vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel. Hy sê mense moet veral op die uitkyk wees vir die Van Wyk’s se silwer Ford dubbelkajuit-bakkie waarmee die rowers op die vlug geslaan het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.