On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Fauna-vrou steek kêrel dood ná argument

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:52 Fri, 26 Aug 2016

Fauna-vrou steek kêrel dood ná argument | News Article

'n Bloemfonteinse vrou is onder polisiebewaking in 'n plaaslike hospitaal nadat sy gisteraand na bewering haar vriend by hul huis met 'n mes doodgesteek het.


Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die 36-jarige vrou en haar vriend, met wie sy 'n romantiese verhouding gehad het, het vermoedelik 'n argument gehad. Sy het in 'n struweling drie steekwonde opgedoen. 

Hy sê die vrou het vermoedelik haar middeljarige vriend 13 keer met 'n mes in die bolyf aangeval. Die beseerde vrou het die polisie ontbied. 

Volgens Marope is die man omstreeks 22:00 op die toneel dood. Hy is in die kombuis in hul huis in Fauna in 'n plas bloed gevind. Die polisie-ondersoek duur voort.   

Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.