On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Ondersoek duur voort ná Kby-polisiebeampte se beweerde selfmoord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:44 Mon, 19 Sep 2016

Ondersoek duur voort ná Kby-polisiebeampte se beweerde selfmoord | News Article

Kimberley - Die polisieondersoek na die dood van ‘n polisiebeampte wat homself vermoedelik Vrydagmiddag in die Kimberley-polisiekantoor in Phakamile Mabijastraat geskiet het, duur voort.


Polisiewoordvoerder, Dimkatso Mooi, sê omstandighede rondom die voorval waarin Nazeem Newman na bewering sy eie lewe geneem het, word ondersoek. Mooi sê Newman was aan diens en het sy dienspistool by hom gehad. Die skietvoorval het in ‘n kantoor plaasgevind. Daar was niemand by Newman tydens die voorval nie. 

Sy sê die polisie se afdeling vir werknemers se gesondheid en welstand is beskikbaar gestel. ‘n Helingseremonie is gister by die polisiekantoor gehou.

Volgens Mooi het dieselfde afdeling die helingseremonie vir Newman se kollegas en ander betrokkenes by die polisiekantoor gehou. Kerse is aangesteek.

Sy sê daar word ook gewag op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.