On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Toestande vir reën gunstig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:25 Mon, 17 Oct 2016

Toestande vir reën gunstig | News Article

Bloemfontein - Die kans op reën in die grootste deel van die droogtegeteisterde Vrystaat, Noordwes en die oostelike deel van die Noord-Kaap, is vandeesweek gunstig.


'n Weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Michael Nethavani, sê daar is van môre af tot en met die naweek 'n moontlikheid vir buie en donderbuie, veral smiddae.  

Daar is 'n 30%-kans op buie en donderbuie elke middag dié week. Die toestande kan tot Sondag duur. Hy sê egter daar is 'n 60% kans op buie en donderbuie in die oostelike deel van die Vrystaat asook die oostelike deel van Noordwes.

Hy sê dié reëntoestande in die oostelike dele van die twee provinsies kan tot Vrydag duur. Nethavani voorspel dat temperature in die Vrystaat en in die Noord-Kaap vandeesweek onder 30 grade Celsius gaan wees weens 'n kouefront met wind uit die suide. In Noordwes word dagtemperature bo 30 grade Celsius voorspel. Dit gaan egter nie in die hoë dertigs wees nie.      


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.