On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Honderde dakloos ná Deneysville-storm

───   MARK STEENBOK 14:52 Mon, 24 Oct 2016

Honderde dakloos ná Deneysville-storm  | News Article
'n Beskadigde huis in Refengkgotso. Foto Verskaf

Deneysville - ‘n Somber atmosfeer heers in Deneysville in die Vrystaat nadat erge storms ongeveer 600 mense oor die naweek dakloos gelaat het.


Volgens die woordvoerder by die Metsimaholo-munisipaliteit, Gino Alberts, is 150 huise in Refengkgotso buite die dorp geraak. Hy sê van die inwoners weier om die beskadigde huise te verlaat uit vrees vir vandalisme en diefstal. Ander word in kerke en gemeenskapsale gehuisves. 

Alberts noem verder dat ouers nie werk toe kan gaan nie nadat drie kleuterskole ook deurgeloop het. Hy sê die munisipaliteit is besig om die skade te beraam.

“Van die mense se meubels en van hul klere is beskadig. Die huise se dakke het afgewaai. As plaaslike munisipaliteit het ons reeds begin om die skade te beraam. Ons doen ook ‘n beroep op al die plaaslike besighede om betrokke te raak en mense te help wat deur die storm geraak is,” sê Alberts.

OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.