On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Parysmoorde: Verhoordatum vasgestel

───   DANE BEISHEIM 14:09 Fri, 18 Nov 2016

Parysmoorde: Verhoordatum vasgestel  | News Article
V.l.n.r. Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Miela Jansen van Vuuren, en Loedie van der Westhuizen (Dane Beisheim/OFM-nuus)

Parys - Die borgtog van ses mans wat teregstaan vir die moord op twee vermeende plaasaanvallers, is vanoggend in die Parys-hooggeregshof verleng.


Regter Martha Mbhele het die verhoor vir 2 tot 26 Mei aanstaande jaar op die rol geplaas. Die verdediging het drie kopieë van bewysstukke in die vorm van foto-albums versoek. Die staat moet die albums teen 3 Februarie verskaf.

Boeta van der Westhuizen, sy seun, Loedie, sy aanstaande skoonseun, Miela Jansen van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun, Cor, asook kaptein Henk Prinsloo van die polisie het vlugtig vanoggend vir die voorverhoorsitting verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Samuel Tjixa en Simon Jubeba op 6 Januarie ná ’n beweerde plaasaanval doodgeslaan het. Die oorledenes se familie het dit egter ontken, en sê Tjixa en Jubeba is tydens 'n loongeskil deur die boere doodgeslaan.

OFM-nuus

V.l.n.r. Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Miela Jansen van Vuuren, en Loedie van der Westhuizen.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.