On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Geliefde Bfn-dokter sterf in Mediclinic Bloemfontein

───   KARIEN JORDAAN 14:49 Mon, 09 Jan 2017

Geliefde Bfn-dokter sterf in Mediclinic Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - ‘n Bekende Bloemfonteinse dokter is vroeër vanmiddag oorlede nadat hy en sy tienerdogter ernstig in ‘n motorongeluk buite die stad beseer is.


Woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, Barbara Steenkamp sê Werner van Pletzen se naaste familie was by sy bed toe hy omstreeks 14:00 gesterf het. Steenkamp sê Van Pletzen se dood is 'n geweldige verlies ook vir Mediclinic Bloemfontein, waar hy 15 jaar lank werksaam was. 

OFM-nuus het vanoggend berig, sy dogter, Lara, wat onder meer ‘n longbesering opgedoen het toe die bakkie waarin hulle gery het op Oujaarsdag naby die Rustfonteindam by Botshabelo op ‘n grondpad gerol het, sterk goed aan in dié hospitaal. Die 16-jarige Lara is intussen van die intensiewesorgeenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas. 

Van Pletzen se seun, Werner, en ‘n vriend van hom was ook in die motor ten tyde van die ongeluk. Hulle is nie ernstig beseer nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.