On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Local News

Polisie soek verdagtes ná skietvoorval in Bloemfontein

───   ANDRE GROBLER 10:14 Sun, 22 Jan 2017

Polisie soek verdagtes ná skietvoorval in Bloemfontein | News Article

Bloemfontein - Die polisie soek nog na die verdagtes van ‘n skietvoorval wat Saterdagaand op die hoek van Curielaan en Vereenigingrylaan plaasgevind het.


Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê ‘n Bangladesjiese sakeman en sy vrou het Saterdagaand om 11-uur by die verkeerslig gestop toe ‘n silwerkleurige voertuig langs hulle gestop het. 

Die insittendes van die voertuig het op die sakeman en sy vrou begin skiet. Verskeie skote is afgetrek. 

Marope sê die Bangladesjiese sakeman is drie keer raakgeskiet, in die linkerarm en rug. 

Sy vrou is nie beseer nie. 

Die gewonde man is na die Rosepark-hospitaal geneem vir behandeling. 

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.