On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boer op plaas in Kroonstad-distrik aangeval

───   ELSABÉ RICHARD 13:38 Thu, 11 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Boer op plaas in Kroonstad-distrik aangeval | News Article

'n Boer in die Kroonstad-distrik in die Vrystaat is Donderdagoggend deur vier verdagtes verras toe hy sy deur oopmaak.

Volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, is die 37-jarige Pieter André Swart van die plaas Boskoppie omstreeks 07:20 aangeval. Swart bly alleen op die plaas. Makhele voeg verder by dat die verdagtes hom probeer oorrompel het en hom in die nek en op sy kop gesteek het. Swart het daarin geslaag om sy vuurwapen te kry en het verskeie skote afgevuur.


Vrystaat Landbou (VL) beskou die staatsrede wat op Donderdag deur president Cyril Ramaphosa gelewer gaan word as 'n geleentheid vir die regering om sy beleid- en doelstellings te herbelyn met dit wat landbou en die breër ekonomie nodig het om te herstel en werk vir almal te skep. Die organisasie sê in 'n verklaring beleidstellings soos onteiening sonder vergoeding is 'n groot struikelblok in Suid-Afrika se pad vir ekonomiese groei en moet gestaak word. Francois Wilken, president van VL, deel verder dat hulle hoop op 'n beleid wat eiendomsreg sal versterk om alle boere en Suid-Afrikaners se daaglikse bedrywighede te ondersteun. Die organisasie meen gesprekke oor grondwet- en wetsontwerpwysigings wat onteiening van eiendom sonder vergoeding moontlik maak, het vrees geskep en beleggers weggejaag omdat dit inbreuk maak op die basiese reg om private eiendom te besit en te ontwikkel.

EN


Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Mase Manopole sal na verwagting Vrydag sprinkaanbrandpunte in die provinsie besoek. Zandisile Luphahla, woordvoerder vir die departement, sê sprinkaanswerms begin kommerwekkend word en mag dalk in die rigting van die Vrystaat beweeg as dit nie onder beheer gekry word nie. Dit kom nadat nuwe uitbrake van bruin sprinkane in Januarie en Februarie in die Sentraal- en Bo-Karoo gerapporteer is. Die aanvanklike uitbrake het einde September 2020 in die oostelike en suidoostelike Karoo begin en het groot migrerende swerms veroorsaak, wat einde November die suidoostelike Vrystaat binnegeval het. Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het vroeër bevestig dat dit swerms in onder meer Hopetown, Britstown, Carnarvon, Upington, Keimoes en Griekwastad in die Noord-Kaap veg. Hierdie sprinkane kan groot skade aan gewasse aanrig. Boere word versoek om swerms so gou as moontlik by hul plaaslike distrik-sprinkaanbeampte of by die landboudepartement se sprinkaandepots op De Aar en Upington aan te meld. Intussen deel Luphahla dat LUR Manopole Vrydagoggend om 10-uur Vosburg, wat een van die sprinkaanbrandpunte is, sal besoek.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.