On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kouefront bring brandgevaar vir Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 14:09 Thu, 20 May 2021

Landbounuus-podcast: Kouefront bring brandgevaar vir Noord-Kaap | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat 'n kouefront die Noord-Kaap Donderdag gaan tref, wat groot gevaar inhou vir veldbrande en windskade.

Die weerdiens sê in Kimberley gaan temperature die naweek so laag soos drie grade Celsius daal, met dagtemperature van 18 grade Celsius wat voorspel word. Die brandgevaar is uitgereik vir onder meer Upington, Griekwastad, Groblershoop, Prieska, Augrabies, Hopetown asook Daniëlskuil en Petrusville. Die kantoor van die weerdiens sê die brandgevaar-indeks is bo 75, wat beteken dat brande vinnig kan ontwikkel en versprei. Intussen het OFM-nuus vroeër berig dat, volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, brandvooruitsigte daarop dui dat dit 'n relatiewe aktiewe brandseisoen gaan wees, en dat boere gemaan word om nou al voorsorgmaatreëls te tref. Volgens hom kan groot hoeveelhede plantmateriaal ná die reën, tot veldbrande lei.

‘n Boer van Standerton in Mpumalanga wat in Maart vermis geraak het, se oorskot is in ‘n sloot langs ‘n pad naby Vrede in die Vrystaat gevind. Die SABC berig die 54-jarige Themba Vilakazi van die plaas Vlakfontein op die Secunda-pad het vermis geraak nadat hy ‘n oproep ontvang het van iemand wat hom gevra het om na die polisiestasie op die dorp te kom. Hy het die plaas in sy bakkie verlaat en is nooit weer gesien nie. Die polisie het intussen twee mans in Standerton in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het van Vilakazi se besittings by hom gehad. Die ander verdagte het die polisie gelei na die toneel waar hulle Vilakazi gekry het. Hulle sal na verwagting Donderdag in die Standertonse Landdroshof verskyn. Vilakazi se wit Toyota Hilux-bakkie met ‘n Mpumalanga-registrasienommer is steeds nie opgespoor nie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,77 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,25 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,30 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.