On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 14 Feb 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het ondersteuning gekry in Vrydag se sessie weens kommerwekkende nuus uit die Swartsee-streek. Rusland het 'n besnoeiing in olieproduksie aangekondig as weerwraak op Westerse sanksies te midde van die voortslepende konflik in die Oekraïne. Oorspoel sterkte vanaf koring en energiepryse het mieliepryse aansienlik bevoordeel.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemarkpryse het goed presteer in Maandag se sessie met pryse wat tussen 0,4% en 1,6% toegeneem het.
  • Die witmieliekontrak het vir Februarie ’23 R50/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 475/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R24/ton sterker verhandel teen R4 315/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Februarie ’23 het verhandel teen R4 501/ton, R71/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het teen R4 454/ton verhandel, R39/ton sterker.

 Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark het in Vrydag se sessie sy hakke ingegrawe met pryse wat matig gestyg het. Pryse is ondersteun deur reën in Brasilië wat die oesproses vertraag en steeds bullish prysdruk by die VSA sojaboonkompleks voeg. 
  • Dit lyk nie of die sojameelmark ten volle herstel het sedert die pers vertraging in Desember 2022 nie en die VSA se sojameelvoorrade is besig om af te neem.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmarkpryse het mielies en koring hoër gevolg met hulp vanaf die energie mark.
  • Die sojaboon Februarie ’23-kontrak het R120/ton sterker verhandel teen R9 740/ton. Die sojaboon Maart ’23-kontrak het R160/ton sterker verhandel teen R9 590/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R9 000/ton, R93/ton sterker, verhandel.

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmarkpryse het Vrydag die hoogte ingeskiet te midde van kommer dat Rusland kan teruggaan op sy deel van die Swartsee-graaninisiatief wat verlede Augustus geïmplementeer is en laat in November verleng is.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmarkpryse het goed presteer na aankondigings dat Rusland moontlik die graanuitvoer ooreenkoms in die Swartsee kan verbreek. Hoër energiepryse het ook koringpryse ondersteun.
  • Die koring Februarie ’23-kontrak het teen R6 980/ton verhandel, R145/ton sterker. Die koring Maart ’23-kontrak het teen R6 999/ton verhandel, R136/ton sterker.

OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.