On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Limpopo-ondersoekspan geloof vir deurbraak in moord op bejaardes

───   ELSABÉ RICHARD 16:57 Thu, 15 Jun 2023

Landbounuus: Limpopo-ondersoekspan geloof vir deurbraak in moord op bejaardes  | News Article
Verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op Angela Claassen en Hennie Claassen. FOTO: Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Limpopo se polisiekommissaris loof die ondersoekspan wat ’n deurbraak gemaak het in die moord op twee bejaardes op ’n plaas by die Eggo-grotte.

Die 73-jarige hoteleienaar, Angela Claassen, en die 77-jarige Hennie Claassen is vroeër vandeesmaand vermoor in die distrik in Orighstad naby Burgersfort. Die oorledene se verkoolde oorskot is in twee afsonderlike geboue ontdek. 'n 30-jarige verdagte, wat vroeër by die hotel gewerk het, is vroeg Woensdagoggend in hegtenis geneem by sy skuilplek in Tembisa aan Gauteng se Oos-Rand.

’n Sakeman van Noordwes kom na verwagting in September voor in die Spesialishandelsmisdaadhof nadat hy aangekla is van bedrog en die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. Valke-woordvoerder, Henry Mamothame, sê Jacobus Johannes Opperman en die korporatiewe liggaam wat hy verteenwoordig, het glo tussen 2012 en 2019 belastingbedrog van R19 miljoen gepleeg. Opperman het na bewering vals bestellings vir kunsmis geplaas namens sy klante aan die landboumaatskappy, Suidwes.

Die polisie van Griekwastad in die Noord-Kaap het onlangs 9 van 13 gesteelde beeste teruggevind. Die vee is in Maart op 'n plaas buite die dorp gesteel. Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê hulle het op 'n wenk gereageer en 'n 41-jarige man met die beeste in sy besit betrap.

AfriForum het nog skriftelike kommentaar ingedien teen die Onteieningswetsontwerp. Die burgerregteorganisasie sê die Wes-Kaapse provinsiale parlement se staande komitee oor infrastruktuur het ’n geleentheid geskep vir kommentaar op dié wetsontwerp. 

EN 

Weens die El Niño-verskynsel dié  winter, is die kans op reën nog goed gedurende Augustus, September en Oktober oor die  Vrystaat, Noord-Kaap en verder suidwaarts. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.