On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Plaasaanval-simulasie aangebied in reaksie op toename in dié misdaad

───   ELSABÉ RICHARD 15:18 Thu, 27 Jul 2023

Landbounuus: Plaasaanval-simulasie aangebied in reaksie op toename in dié misdaad | News Article
FOTO: AfriForum.

AfriForum se Herald-plaaswag het ’n simulasie aangebied van ’n plaasaanval en gyselaarbevryding, in reaksie op 'n toename dié misdaad in die Suid-Kaap.

Die simulasie dien as praktiese opleiding vir plaas- en buurtwagte om doeltreffend, georganiseerd en gedissiplineerd te reageer. AfriForum Suid-Kaapse distrikskoördineerder Marthinus Erasmus sê die operasie het bestaan uit die taktiese ontruiming van ? huis deur protospanne van Waboomskraal, Zebra en Herald, toe hulle ’n kamma-gyselaar bevry en die huis beveilig het.

Boere en ander belangstellendes het Donderdag met plakkate opgeruk na die Tseseng-landdroshof in Qwaqwa om optrede te eis teen plaasaanvalle. In die jongste voorval is Mike Pattinson van die plaas Summerslie by Harrismith die naweek vermoor.  Hy was ook 'n geliefde onderwyser aan die privaat skool Harriston.

Produsente moet werksbeserings en -siektes binne 7 óf 14 dae aanmeld by die Departement van Indiensneming en Arbeid.  Sodra die besering gerapporteer is en die werker amptelik van diens af is, moet die produsent hul loon of salaris betaal tot en met drie maande. Work Accident Support-stigter, Stephan Pietersen, sê dit kan daarna geëis word van die Vergoedingsfonds.

’n Span kenners is na 'n dam by Mahikeng gestuur om vis-vrektes te ondersoek. Die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme vra inwoners se samewerking tydens die ondersoek by die Tontonyane-dam. Hy waarsku teen die eet van visse totdat die oorsaak van die vrektes bepaal is.

EN

Suid-Afrika se stygende voedselpryse is een van die grootste oorsake van voedseltoegangsuitdagings. Die landboudepartement het skriftelik gereageer op 'n vraag van die EFF oor ingrypings om arm huishoudings teen honger te beskerm, en die uitwerking van hoër voedselpryse op produsente. Hy sê die koste van 'n 28-item stedelike voedselmandjie het in Mei byna R1 200 gekos verleke met sowat R1 075 verlede jaar.  Gedurende hierdie tydperk het groente die meeste bygedra tot voedselinflasie, gevolg deur suiwel en eiers.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.