On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Honde kan tyd ruik

───   16:01 Mon, 06 Nov 2023

Weird Wide Web – Honde kan tyd ruik | News Article

Al ooit gewonder hoe jou hond weet presies hoe laat jy by die huis kom ná werk? Daar is ’n wetenskaplike antwoord.

Female First berig oor hoe honde by die deur wag sodra hul eienaar op pad huis toe is. Hul reuksintuig is so goed dat hulle kan bepaal hoe lank hul mense weg is.
Prof. Alexandra Horowitz van die Barnard College in New York verduidelik hoe honde in staat is om die tempo te leer soos hul eienaar se reuk vervaag.

“Dit kan wees dat mense se reuk in hul huis deur die loop van die dag afneem. Reuke word minder sterk byvoorbeeld jy ruik soggens die koffie as jy dit gemaak het maar geleidelik verdwyn die reuk van die koffie,” sê sy.

“Jou hond weet dus as jou reuk op ’n sekere tyd van die dag vir hom minder sterk is, jy is op pad huis toe.” Maar vir diegene wat glo ons honde is net die oulikheid vanself – kyk hier:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.