On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kuberkonders en dr. Google is nie goeie vriende

───   15:21 Tue, 12 Mar 2024

Weird Wide Web – Kuberkonders en dr. Google is nie goeie vriende  | News Article
Foto: batimes.com

“Iemand met kuberkonders is dikwels of altyd bekommerd oor hul eie gesondheid.”

Volgens engoo.com is bevind meer mense soek mediese advies by dr. Google en dit veroorsaak kuberkonders (cyberchondria). ’n Toestand van iemand wat op die internet van die simptome van ’n siekte lees en dan in die verbeelding daaraan begin ly.

Iemand met kuberkonders is dikwels of altyd bekommerd oor hul eie gesondheid. Dit is ’n tipe van angs en hulle glo hulle is siek terwyl hulle nie is nie. Mense met die toestand is geneig om op die internet te gaan oplees oor wat hulle moontlik kan makeer en maak dan hul eie diagnose.

Prof. Frances Kay-Lambkin van Australië sê om die internet te gebruik vir advies oor jou gesondheid is nie noodwendig ’n slegte ding nie. Sy is ’n sielkundige en sê dit kan angs verminder, vir ons antwoorde gee en mense aanmoedig om ’n dokter te sien wanneer dit nodig is.

Die probleem is mense weet nie altyd wanneer om op te hou nie en dit kan problematies wees. Dit is ook nie maklik om te weet of die inligting betroubaar is nie. Soos met soveel van die inligting op die internet, is dit nie altyd maklik om te weet wat ons kan of nie kan vertrou nie.

Sy sê dit is belangrik om te onthou almal se liggaam is nie dieselfde nie en die internet neem nie jou eie mediese geskiedenis in ag nie. Kuberkonders kan baie stres veroorsaak. 

Amerikaanse navorsing het bevind om jou simptome te gaan navors kan jou net meer angstig maak. Die beste raad bly om eerder jou dokter of sielkundige te gaan sien in persoon vir mediese advies.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.