On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Podcasts

Landbounuus-podcast: SA kry groen lig om vliesprodukte na die Midde-Ooste uit te voer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:17 Mon, 25 Mar 2019

Landbounuus-podcast: SA kry groen lig om vliesprodukte na die Midde-Ooste uit te voer | News Article

Suid-Afrika het onlangs weer die groen lig gekry om vleisprodukte na die Midde-Ooste uit te voer.


Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van Beefmaster, sê dié groep en verteenwoordigers van die Departement van Landbou Bosbou en Visserye het onlangs op die Gulfood internasionale handelskou in Dubai deelgeneem en in dieselfde tydperk het die Midde Ooste nuwe gesondheidsertifikate  aan Suid-Afrika vir die uitvoer van rooivleisprodukte verskaf. Dit kom nadat Suid-Afrika in Januarie vanjaar sy uitvoerstatus weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo tydelik verloor het.     Hy sê Suid-Afrika insluitend Beefmaster se deelname aan die Gulfood handelskou was 'n gulde geleentheid om bande te smee met handelsvennote nadat die Midde-Ooste nuwe gesondheidsertifikate aan Suid-Afrika verskaf het. Die Beefmaster groep van maatskappye, is 'n toonaangewende spesialis-produsent van gehalte vleisprodukte en een van die grootste vleisproduksiemaatskappye in Suid-Afrika wat vleisprodukte uitvoer.

Vrystaat Landbou se jongboer-finaliste vir 2019 is sterk kandidate wat in enige bedryf suksesvol kan wees. Dit is volgens Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars vir vanjaar se gewilde kompetisie nadat 'n beoordeelarspaneel die finaliste onlangs op hul plase besoek het. Die wenners sal op 17 April in Bloemfontein tydens 'n gala-dinee op VL se Jongboer-konferensie aangewys word.

EN

Leiers in al die onderskeie bedrywe en veral die landbousektor moet nie skroom om vroue in die werkplek te bemagtig nie. Dit sal 'n reuse bydrae tot ekonomiese groei in Suid-Afrika en die ontwikkeling van plaaslike gemeenskappe lewer. Dit is volgens Ntombi Mhangwani, die direkteur van bemarking van Accenture in Africa, wat onlangs die verslag, Getting to Equal 2019 bekendgestel het. Sy sê dié verslag toon Suid-Afrikaanse werknemers se innoverende denke is ses keer hoër in die werkplek, wat 'n kultuur van gelykheid het, teenoor hul eweknieë wat werksaam is in 'n omgewing waar daar geslagsongelykheid is. Sy sê met betrekking tot die landboubedryf toon statistiek dat die helfte van die werkmag in Sub-Sahara-Afrika uit vroue bestaan. Mhangwani sê dit is egter verblydend dat organisasies soos Agri SA verskeie programme in plek het om vroue in die bedryf te bemagtig.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.