On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Meisie (8) enigste oorlewende van Limpopo-busongeluk

───   10:20 Sat, 30 Mar 2024

Meisie (8) enigste oorlewende van Limpopo-busongeluk | News Article
Die ongelukstoneel in Limpopo waar 45 van 46 buspassasiers hul lewens verloor het. Foto: Facebook

Die lyke van slegs 34 slagoffers is tot dusver ontvang, waarvan nege geïdentifiseer is. Sommige liggame is onherkenbaar verbrand.

’n Meisie van Botswana (8) is die enigste oorlewende van ’n busongeluk wat 45 lewens geëis het. Die ongeluk het Donderdag (28/3) gebeur terwyl die bus met 15 mans en 31 vroue van Botswana na Moira vir Paasfeesvieringe in Limpopo onderweg was.

Die bus het naby Mokopane deur die versperring van ’n brug gebars nadat die busbestuurder vermoedelik beheer verloor het. Dit het 50 m verder in ’n kloof afgestort en in vlamme uitgebars.

Limpopo se Departement van Gesondheid sê slegs 34 lyke is tot dusver ontvang, waarvan nege geïdentifiseer is. Owerhede van Botswana en Suid-Afrika sê hulle verwag ’n uitgerekte proses om die oorledenes te identifiseer. Sommige liggame is onherkenbaar verbrand.

Die enigste oorlewende, 'n 8-jarige meisie, is per helikopter hospitaal toe geneem waar sy deur familielede van Botswana ondersteun word.

Die Minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het die toneel besoek en ’n deeglike ondersoek na die oorsaak van die ongeluk beloof. Sy het ook haar haar innige meegevoel met die naasbestaandes wat deur die voorval geraak is, uitgespreek.

“Ons wil ons innige meegevoel aan die families, maar ook aan die regering van Botswana en die mense van Botswana betoon Ons sal alles doen om te help met sodat hul families hul met waardigheid in hul land kan begrawe," het sy aan die SAUK gesê. 

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.