On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Yvette
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Other News

Pistorius woedend oor Oliveira-nederlaag

───   08:21 Mon, 03 Sep 2012

Pistorius woedend oor Oliveira-nederlaag | News Article

Oscar Pistorius het teen die Internasionale Paralimpiese Komitee uitgevaar na sy skokkende tweede plek in die T43 200m

Wêreldrekordhouer, Oscar Pistorius, het teen die Internasionale Paralimpiese Komitee uitgevaar nadat hy tweede geëindig het in die T44 200m-item by die Paralimpiese Spele in Londen.  Die item is deur Brasilië se Alan Oliveira in ‘n tyd van 21.45 sekondes gewen.  Maar Pistorius sê Oliveira se kunsmatige bene is te lank.  Hy sê die Brasiliaan se kniehoogte is ongeveer vier duim hoër as wat hulle veronderstel is om te wees, en dat hy nie daarmee kan meeding nie. Die komitee sê egter dat die lengte van alle kunsmatige bene aan streng regulasies onderwerp word en bereken word op grond van ‘n formule wat ‘n atleet se lengte en dinamika in ag neem.  Die IPK het bygevoeg dat alle atlete gemeet en goedgekeur is om aan hul onderskeie items deel te neem.
Suid-Afrika het reeds 10 medaljes by die Spele ingepalm – twee goud, vier silwer en vier brons en beklee die 19de plek op die lys van medaljewenners.

Sapa

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.