On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Yvette
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Other News

Fourie klop Pistorius vir brons

───   06:19 Fri, 07 Sep 2012

Arnu Fourie het sy landgenoot en verdedigende kampioen, Oscar Pistorius, gisteraand in die finaal van die 100m T44 vir mans by die Paralimpiese Spele in Londen geklop.

Suid-Afrika se Arnu Fourie het gisteraand die brons-medalje ingepalm in die 100m T44-finaal by die Paralimpiese Spele in Londen.  Fourie het ook ‘n nuwe nasionale rekord van 11 punt nul agt sekondes aangeteken.  Oscar Pistorius het in die vierde plek klaargemaak.  Die Brit, Johnnie Peacock het die goue medalje gewen.  Natalie du Toit het vroeër haar derde goue medalje in die swembad verower.  Sy het die 200m individuele wisselslag SM9 vir vroue met byna twee sekondes gewen;  Hilton Langenhoven het die silwer medalje ingepalm in die 40m T12 vir mans in ‘n persoonlike beste tyd van 49 punt nul vier sekondes.  En Ilse Hayes het ook silwer gewen in die 100m T13 vir vroue in ‘n tyd van 12 punt vier een sekondes.  Suid-Afrika, wat nou met 21 medaljes spog, is steeds in die 20ste plek op die lys van medaljewenners.

Sport24

More from Other News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.