On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Yvette
Listen Live Streams

Local News

"My pa moes met sy hande agter sy rug geboei meer as ‘n kilometer ver sonder sy kierie loop"

───   12:53 Wed, 03 Oct 2012

"My pa moes met sy hande agter sy rug geboei meer as ‘n kilometer ver sonder sy kierie loop" | News Article
Mariné Jacobs

Lichtenburg - Geen verdagtes is tot dusver gearresteer in verband met die aanval Maandagoggend op ‘n boer in die Lichtenburg-distrik nie.

Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder, Amanda Funani, is die 79-jarige HK Grobler tussen 01:00 en 02:00 deur vier verdagtes op sy plaas, Doringbult, oorrompel en aangerand, waarna hulle met ongeveer R20 000 kontant en drie jaggewere op die vlug geslaan het.

Grobler se seun, Danie, sê sy pa moes met sy hande agter sy rug geboei meer as ‘n kilometer ver sonder sy kierie loop om hulp by die plaaswerkers te kry.

Hy sê die familie is dankbaar dat sy pa se lewe gespaar is, maar sy pa is erg getraumatiseerd.

Funani sê die polisie is steeds besig met die ondersoek.


Podcasts

Danie Grobler:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.