Local News
Stakende busbestuurders behoort vandag vir werk aan te meld: Interstate─── 06:53 Mon, 08 Oct 2012
Lani Fouché
Bloemfontein - Interstate Bus Lines sê hulle verwag dat alle stakende busbestuurders vanoggend 08:00 vir werk gaan opdaag.
Dit, nadat drywers Donderdag in die Mangaung-distrik begin staak het vir hoër salarisse en duisende pendelaars gestrand gelaat is.
Die busdiens se woordvoerder, Thando Lepele, sê die bestuurders eis dat hulle twee maal per jaar verhogings ontvang. Die maatskappy het egter gesê hulle kan nie aan hierdie eis voldoen nie.
Lepele sê die werkers is beveel om vandag (Maandag) op hul poste te wees.
Sy het egter pendelaars gevra om steeds hul eie vervoer reëlings te tref.