Local News
Bloemfonteinertjie sterf op sy 6de verjaarsdag─── 12:17 Thu, 11 Oct 2012
Mariné Jacobs
Bloemfontein - Die sesjarige seuntjie wat Maandagnag in Mediclinic Bloemfontein opgeneem is met erge drukking op sy brein, is pas oorlede.
Hospitaalwoordvoerder Amanda Appelgry sê Corné Nel is vanoggend (Donderdag) breindood verklaar en die besluit is geneem om die masjiene af te skakel.
Corné het vandag ses jaar oud geword.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bepaal nie, maar dokters vermoed hy het ‘n infeksie opgedoen wat die drukking op sy brein veroorsaak het.
Corné is Maandag in 3 Militêre Hospitaal opgeneem nadat hy simptome getoon het wat met ‘n maagvirus gepaard gaan.
Hy is in die nag na Mediclinic Bloemfontein oorgeplaas nadat sy toestand versleg het.
Appelgryn sê nadoodse-ondersoek sal gedoen word.