On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Maartens v/d Merwe-verhoor begin op Virginia

───   06:42 Mon, 29 Oct 2012

Lani Fouché

Virginia - Die verhoor van Maartens van der Merwe, die beskuldigde in die sogenaamde Welkom begrafplaas-moord, begin vandag in die rondgaande hof op Virginia.
 
Van der Merwe is vroeër vanjaar deur die Bloemfonteinse Hooggeregshof bevoeg verklaar om verhoor te word. Dit, na deeglike psigiatriese evaluasie.
 
Die verhoor is vir twee weke op die rol geplaas. Van der Merwe word daarvan verdink dat hy die 23-jarige Michael van Eck in 2011 in ‘n begrafplaas in Welkom vermoor en sy liggaam vermink het.

Sy mede-beskuldigde, Chané van Heerden, is reeds verlede jaar tot 'n onbepaalde tronkstraf van 'n minimum van 20 jaar gevonnis nadat sy skuldig gepleit het.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.